{"id":1034,"date":"2020-07-28T07:57:22","date_gmt":"2020-07-28T05:57:22","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1034"},"modified":"2020-07-28T07:57:22","modified_gmt":"2020-07-28T05:57:22","slug":"dagstuk-28-julie-2020-wat-om-te-doen-as-jy-nie-meer-weet-wat-om-te-doen-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1034","title":{"rendered":"Dagstuk 28 Julie 2020 \u2013 Wat om te doen as jy nie meer weet wat om te doen nie?"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Spreuke 3:1-10\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v5,6<\/p>\n\n\n\n<p>In\n\u0149 suksesgedrewe w\u00eareld is die kompetisie baie straf en word daar ook op\ngeestelike gebied meegeding om die beste.&nbsp; Onder druk lewer mense baie\nkeer hul persoonlike beste.&nbsp; Prominente leiers deel hul geheime en gee\nraad oor hoe om suksesvol te wees.<\/p>\n\n\n\n<p>In Spreuke 3 word God se plan vir sukses in die\nleerskool van die lewe gegee.&nbsp; Dit is meer as \u0149 plan.&nbsp; Dit is \u0149\nleefwyse! Dit is baie maklik om net \u0149 paar mooi versies uit die Bybel aan te\nhaal om ons te motiveer om aan te gaan as ek nie meer weet wat om te doen nie. Maar daar is nog \u0149 werklikheid. Nie alles wat met my gebeur is sorgvry\nnie.&nbsp; Die lewe laat leemtes.&nbsp; En sit dan hierby nog die Westerse\nsiening&nbsp; dat ek suksesvol moet wees: Sorg dat jy die beste doen, werk elke\ndag net harder en spandeer meer tyd. &nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Gou besef jy dat sukses\nnie goedkoop en maklik is nie.&nbsp; Geen wonder dat die Spreuke skrywer&nbsp;\nvers 1&nbsp; met twee werkwoorde begin. &#8211; Moenie vergeet nie en maak liefde\ndeel van jou lewe.&nbsp; Dit vra dat jy&nbsp; die prioriteite en waardes in jou\nlewe bepaal.\nIn werklikheid gaan dit om die plek wat God in jou lewe inneem.<\/p>\n\n\n\n<p>Meteens\nlei die Heilige Gees ons om \u0149 nuwe lewenswyse te volg. Die lewenspad wat elke\ngelowige moet stap is onbekend. Jy kan nie \u2019n enkele sekonde of uur in die\ntoekoms insien nie. Hoeveel probleme en krisisse jy op jou lewenspad sal h\u00ea is\nnie aan jou bekend nie. Daarom is dit belangrik dat jy elke situasie op jou pad\nhanteer deur die Here in alles wat jy doen te ken. (v6) Dit moet die bloudruk\nvir jou lewe wees.&nbsp; Ek ken nie die toekoms nie, maar God ken dit wel. <\/p>\n\n\n\n<p>Die\nskrywer s\u00ea dat jy God in ALLES moet ken. Ken God in jou verhouding tot jou\nouers en jou maats, ken God in tye van ontspanning en sport, ken God in die\nbesluit van \u2019n beroep wat jy moet kies, ken God in die saak as jy verlief is op\niemand, ken God in die oomblikke van jou woede of jou hartseer, ken God as jy\npartytjie hou, ken God as jy \u2019n moeilike taak moet verrig, ken God as jy\nhartseer is of baie pyn het, ken God as jy teleurgesteld of mismoedig is. Ken\nGod in alles &#8230;<\/p>\n\n\n\n<p>Dit\nis die fondament.&nbsp; Dit leer my om by God te begin. Dit herinner my aan God\nse VERBOND waarin Hy beloof om vir my \u0149 God te wees.&nbsp; Ons leer iemand eers\nbehoorlik ken as ons daardie persoon kan sien en met daardie persoon tyd\nspandeer en gesprek voer.&nbsp; In Christus laat God ons Hom ken. God gebruik\ndie Nuwe Testament om vir ons van Christus te leer.&nbsp; Nadat Jesus die\neerste dissipels geroep het, spandeer Hy tyd saam met hulle en leer Hy hulle om\nHom te ken sodat hulle daarna met krag en oortuiging optree. Dit beteken dat ek\nterug staan en dat God op die voorgrond tree. Die leefwyse word in vers 7,8\nverder beskryf. Jy moet sekere dinge doen en ander vermy.&nbsp; Dit is die\ngeneesmiddel en verkwikking wat jou lewe verander.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>God\ngee nie net \u0149 kitsoplossing nie.&nbsp; Hy voorsien ons van \u0149 werkbare\noplossing. In die res van hoofstuk 3 volg \u0149 detail beskrywing van die leefwyse\nwat die Here van my verwag. Hierdie leefwyse word beloon met oorvol skure en\nparskuipe wat oorloop.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>As\njy nie meer weet wat om te doen nie begin by Hom wat alles ken en weet!<\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Heb\n12:1-3<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here,\nek is so gewoond daaraan om my eie planne te maak as dinge moeilik raak.&nbsp;\nEk word baie keer plat geslaan en weet dan nie wat om te doen nie. Dankie dat U\nmy ken en deur die Heilige Gees leer om op U te vertrou. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Ds Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Spreuke 3:1-10\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v5,6 In \u0149 suksesgedrewe w\u00eareld is die kompetisie baie straf en word daar ook op geestelike gebied meegeding om die beste.&nbsp; Onder druk lewer mense baie keer hul persoonlike beste.&nbsp; Prominente leiers deel hul geheime en gee raad oor hoe om suksesvol te wees. In Spreuke 3 word God [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1034"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1034"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1034\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1035,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1034\/revisions\/1035"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1034"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1034"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1034"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}