{"id":1016,"date":"2020-07-21T08:07:23","date_gmt":"2020-07-21T06:07:23","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1016"},"modified":"2020-07-21T08:07:23","modified_gmt":"2020-07-21T06:07:23","slug":"dagstuk-dinsdag-21-julie-2020-die-here-gee-vir-ons-die-geloofsekerheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1016","title":{"rendered":"Dagstuk Dinsdag 21 Julie 2020 &#8211; Die Here gee vir ons die geloofsekerheid!"},"content":{"rendered":"<p><strong>1 Petrus 1:3-8.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Teks wat tref: 1 Petrus 1:5.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Petrus\nherinner ons aan die hoop wat daar vir ons is omdat Christus uit die dood\nopgestaan het.&nbsp; Alle eer aan God vir die\nnuwe lewe en die wonderlike vooruitsig wat Hy aan ons gee!<\/p>\n\n\n\n<p>Nie net\nhet God ons uitverkies en die proses van wedergeboorte in ons gewerk nie, Hy\nhou ook ons erfporsie veilig by Hom. \u0149 Erfenis wat baie meer werd is as enige\naardse skat, baie meer waardevol as goud.&nbsp;\nAnders as ons aardse skatte sal die hemelse skat nooit kan vergaan\nnie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Met\nCovid-19 besef ons opnuut hoe maklik kan die aardse dinge vergaan, maar hierdie\nskat, die verlossing wat daar reeds nou vir ons is, sal met die wederkoms vir\nons ten volle bekendgemaak word.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Deur die\nkrag van God word ons nou veilig bewaar sodat ons met die wederkoms kan deel in\nhierdie hemelse skat.&nbsp; Die Heilige Gees\nbewaar en lei ons op ons lewenspad.&nbsp; Net\nomdat ons glo kan elkeen van ons nou verseker wees van hierdie erfenis.<\/p>\n\n\n\n<p>Hoekom het\nons dan nou beproewinge?&nbsp; Hoekom gaan ons\nnou deur so \u0149 moeilike tyd?&nbsp; Hierdie\npandemie en inperking is tog nie ons skuld nie?<\/p>\n\n\n\n<p>Deur die\ngeloof kan ons nou sien dat ons bly kan wees as allerhande beproewings oor ons\npad kom.<\/p>\n\n\n\n<p>Die rede\nvir die beproewing is om ons geloof te versterk en te suiwer.&nbsp; Die beeld van goud wat eers gesuiwer moet\nword deur dit in die smeltoond skoon te brand word hier gebruik.&nbsp; As die goud nie gesuiwer word, is dit nog\nsteeds waardevol, maar dis soveel meer waardevol as dit gesuiwer is deur die\nvuur. So word ons geloof dan ook gesuiwer sodat die heerlikheid van ons\ngeloofsinbegrepenheid in die nuwe lewe skitterend en sonder vlek kan gloei in\ndie liggloed van Christus se wederkoms.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Maar selfs\ndie mees bedroewende omstandighede kan nie ons diepe lewensvreugde oor die\nvervulling van waarheen ons lewe oppad is, uitdoof nie. Beproewinge druk ons\nnie dood nie. Dit het juis die doel om ons geloof al hoe suiwerder op God, die\nBron van ons lewe in Christus, te rig.<\/p>\n\n\n\n<p>Onthou,\nons geloof is baie meer kosbaarder vir die Here as goud, of enige aardse\nmiddele en omstandighede, ervaar nou hierdie blydskap want ons is reeds besig\nom die finale verlossing te verkry- God bewaar ons hiertoe!<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Dors vir meer:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>1 Johannes 5:13-21 en Hebre\u00ebrs 12:1-13 <\/p>\n\n\n\n<p><strong>Gebed<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Here, ons wil U elke dag loof en prys vir die heerlikheid van ons\nnuwe lewe en sekerheid van ons toekomstige heil ten spyte van ons beproewings.\nAmen<\/p>\n\n\n\n<p>Ds Danie\nPotgieter<\/p>\n\n\n\n<p>072 272\n9631 <\/p>\n\n\n\n<p>GK\nRietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>1 Petrus 1:3-8. Teks wat tref: 1 Petrus 1:5. Petrus herinner ons aan die hoop wat daar vir ons is omdat Christus uit die dood opgestaan het.&nbsp; Alle eer aan God vir die nuwe lewe en die wonderlike vooruitsig wat Hy aan ons gee! Nie net het God ons uitverkies en die proses van wedergeboorte [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1016"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1016"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1016\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1017,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1016\/revisions\/1017"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1016"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1016"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1016"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}