{"id":1014,"date":"2020-07-20T08:27:41","date_gmt":"2020-07-20T06:27:41","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1014"},"modified":"2020-07-20T08:27:41","modified_gmt":"2020-07-20T06:27:41","slug":"dagstuk-maandag-20-julie-2020-vreemdelinge-maar-tog-uitverkorenes-van-god","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1014","title":{"rendered":"Dagstuk Maandag 20 Julie 2020 &#8211; Vreemdelinge maar tog uitverkorenes van God."},"content":{"rendered":"<p><strong>1 Petrus 1:1-3.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Teks wat tref: 1 Petrus 1:1.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie\nweek staan ons stil by die eerste brief van die Apostel Petrus.&nbsp; Petrus skryf hierdie brief in ongeveer 65\nn.C. aan die vreemdelinge wat verstrooid leef in die provinsies van Romeinse\nRyk.&nbsp; Hy noem hulle vreemdelinge, nie\nomdat hy nie die lesers ken nie (daar is vir ons geen getuienis dat Petrus\nhierdie streke bedien het nie).&nbsp; Hy noem\nhulle vreemdelinge omdat hulle as gevolg van die Christelike vervolging moes\ngevlug het vanuit Jerusalem en hulle in vreemde dele gaan vestig het.&nbsp; Hier is hulle vreemdelinge want hulle is nie\ndeel van hierdie kultuur nie, praat \u0149 ander taal en is nie burgers van hierdie\nstreke nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dit is\nbaie soos wat ons vandag in Suid-Afrika beleef met die uitlanders vanuit Afrika\nwat hul kom vestig in&nbsp; Suid-Afrika,\nopsoek na \u0149 beter lewe.<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus\nnoem hul vreemdelinge, of uitlanders, nie net oor die politieke situasie nie,\nmaar om ook hulle geestelike vreemdelingskap aan te dui.&nbsp; Hulle is nie net burgers van hierdie w\u00eareld\nnie, maar is burgers van die hemelse koninkryk.<\/p>\n\n\n\n<p>So mag ons\ndalk ook voel vanoggend- ons is vreemdelinge waarop mense neersien.&nbsp; Die Inperking laat ons nog meer soos\nvreemdelinge voel.&nbsp; Die mense wat ons ken\nen liefhet, kan ons nie nou besoek nie.&nbsp;\nOns voel soos vreemdelinge omdat ons nie soos altyd op \u0149 Sondag kan\nbymekaar kom nie. <\/p>\n\n\n\n<p>Maar dan\nbesef ons opnuut, ja ons is vreemdelinge, maar ons is ook die uitverkorenes van\nGod.&nbsp; God die Vader het ons al lank\ngelede uitverkies en deur die Heilige Gees aan Hom toegewy en geheilig.<\/p>\n\n\n\n<p>In die o\u00eb\nvan ander mense (en soms ook in ons eie o\u00eb) mag ons dalk niks wees.&nbsp; Maar voor God is ons so kosbaar dat Hy sy\nSeun Jesus Christus vir ons laat sterf het.&nbsp;\nDeur die bloed van Jesus Christus is ons skoongewas.<\/p>\n\n\n\n<p>Om te weet\ndat jy \u0149 uitverkore kind van die God is, beteken dat ons weet ons verlossing\n(en ons sekerheid van die ewige lewe) l\u00ea nie by ons nie, maar by God self.\nHierdie week kyk ons dan verder hoe geen beproewing, geen verontregting, geen\nomstandighede die ewige lewe en verlossing wat God ons skenk van ons kan\nwegneem nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Mag God se\nonverdiende liefde en goedheid en vrede steeds meer en meer in ons leef!<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Dors vir\nmeer:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Filippense 3:12-20 en Johannes 17:6-26 <\/p>\n\n\n\n<p><strong>Gebed<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Here ons God ons bid tot U want ons behoort aan U.&nbsp; Dankie dat U ons lank tevore uitverkies het\nen alles bepaal en gegee het sodat ons gered kan word.&nbsp; Dankie dat ons verlossing vas en seker is en\nons vanuit hierdie sekerheid in \u0149 onsen ons vanuit hierdie sekerheid in \u0149\nonsekere w\u00eareld kan leef. Amen.<\/p>\n\n\n\n<p>Ds Danie\nPotgieter<\/p>\n\n\n\n<p>072 272\n9631 <\/p>\n\n\n\n<p>GK\nRietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>1 Petrus 1:1-3. Teks wat tref: 1 Petrus 1:1. Hierdie week staan ons stil by die eerste brief van die Apostel Petrus.&nbsp; Petrus skryf hierdie brief in ongeveer 65 n.C. aan die vreemdelinge wat verstrooid leef in die provinsies van Romeinse Ryk.&nbsp; Hy noem hulle vreemdelinge, nie omdat hy nie die lesers ken nie (daar [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1014"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1014"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1014\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1015,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1014\/revisions\/1015"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1014"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1014"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1014"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}