{"id":1007,"date":"2020-07-16T08:17:22","date_gmt":"2020-07-16T06:17:22","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1007"},"modified":"2020-07-16T08:17:22","modified_gmt":"2020-07-16T06:17:22","slug":"dagstuk-16-julie-2020-met-of-sonder-blydskap","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1007","title":{"rendered":"Dagstuk 16 Julie 2020 \u2013 Met of sonder blydskap"},"content":{"rendered":"<p>Met hierdie week se dagstukkies leer ons wat dit beteken om in geloof te groei.<\/p>\n\n\n\n<p>Skrifgedeelte:\nJoh\n16:16-24&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;\nTeks wat tref: v20,24<\/p>\n\n\n\n<p>In\nJoh 16 luister die dissipels na nog ontstellende nuus.&nbsp; Eers hoor hulle\ndat die w\u00eareld vir Christus haat. Dit veroorsaak dat hulle ook nie geliefd is\nnie.&nbsp; Terwyl hulle soos vreemdelinge in die w\u00eareld voel, kondig Jesus aan\ndat hulle Hom vir \u0149 rukkie nie sal sien nie.&nbsp; Daar ontstaan vrae in hulle\ngemoed wat beantwoord moet word.&nbsp; Die huidige tyd van inperking met die\nCovid 19 pandemie het veroorsaak dat ons al vir meer as drie maande nie ons\nfamilie en vriende kan sien of besoek nie.&nbsp; Hierdie gemis eis stadig maar\nseker sy tol en die behoefte om by geliefdes te wees word mee intens. Dit hoort\nimmers so, want God het die mens as \u0149 verhoudingswese geskape.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Net\nsoos die dissipels wil ons huil en treur. Dit voel of ek stoksielalleen is. Dan\ns\u00ea Jesus daarby ook nog dat die w\u00eareld hieroor bly sal wees. Hy bevestig dat\nons bedroef sal word.&nbsp; God ken ons harte en omstandighede.&nbsp; As ek\nsoms voel dat ek alleen is, weet my Vader daarvan. Hy verseker ons dat die\ndroefheid in blydskap sal verander.&nbsp; Hy verduidelik dit met die beeld van\n\u0149 vrou wie se tyd gekom het dat haar kindjie gebore word. Na die kraampyne\noorweldig die blydskap elke gedagte van pyn en swaarkry.&nbsp; Dit word\nheeltemal vergeet oor die nuwe lewe wat God geskenk het.&nbsp; Daarom kan ons\nook uitsien dat daar iets beter en meer vreugdevol as die greep en pyn van\nCovid 19 sal volg.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Die\nHere ken my droefheid maar wanneer Hy ons weer sien sal ons harte vol blydskap\nwees.&nbsp; Ek moet leer om geduldig te wag en in vertroue elke dag\naanpak.&nbsp; Soos wat daar na die koms van \u0149 nuwe baba uitgesien word, moet\nons ons daagliks voorberei en alles gereed kry vir die groot oomblik.&nbsp;\nJesus verwys in hierdie gedeelte na sy kruisiging. Hy is daarna \u0149 kort rukkie\nop aarde waarna Hy in die hemel opgeneem word. Soos wat Jesus se opstanding uit\ndie dood die grootste oorwinning van alle tye is, bewys dit&nbsp; ook dat Hy\nweer sal kom.&nbsp; En dit vervul ons met \u0149 ewige blydskap en Hy verseker ons\ndat niemand dit van ons af kan wegneem nie. Dit is ewige vreugde. Dit bring\nongekende blydskap.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>In\nonseker tye het ons gewoonlik baie vrae.&nbsp; Ons wil graag weet wat die\ntoekoms inhou?&nbsp; Waarom is daar dinge soos Covid 19?&nbsp; Hoekom word\nsoveel onreg en geweld teen vroue, kinders, ons boere op plase en talle ander\ngepleeg?&nbsp; Dit alles veroorsaak droefheid.&nbsp; In vers 23 verseker Jesus\nons ook dat ons daardie dag nie meer vrae sal stel nie.&nbsp; Die blydskap om\nby Hom te wees, sal alles oortref.&nbsp; Dan volg die derde aankondiging dat\nons sal ontvang wat ons in die Naam van die Vader vra.&nbsp; Weereens beteken\ndit nie dat ons alles en enige iets sal ontvang nie.&nbsp; God weet wat ons\nnodig het en wat die beste vir ons is.&nbsp; Al verstaan ek dit nie. Al voel\ndit dat my gebede nie verhoor word nie.&nbsp; Deur in sy Naam te bid sal ons\nblydskap volkome word! Ons leer more in Johannes 17 meer oor gebed. <\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Mat\n28: 16-20 en Hab 3:19<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here,\ndankie dat U ons nooit verlaat nie.&nbsp; Al voel dit soms dat my hele bestaan\nvol doefheid is, kan ek nogtans soos Habakuk uitroep: Die Here my God gee vir\nmy krag. Hy maak my voete soos die van \u0149 ribbok, op ho\u00eb plekke laat Hy my\nveilig loop. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Ds Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met hierdie week se dagstukkies leer ons wat dit beteken om in geloof te groei. Skrifgedeelte: Joh 16:16-24&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Teks wat tref: v20,24 In Joh 16 luister die dissipels na nog ontstellende nuus.&nbsp; Eers hoor hulle dat die w\u00eareld vir Christus haat. Dit veroorsaak dat hulle ook nie geliefd is nie.&nbsp; Terwyl hulle soos vreemdelinge in [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1007"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1007"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1007\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1008,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1007\/revisions\/1008"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1007"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1007"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1007"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}