{"id":1000,"date":"2020-07-13T07:46:23","date_gmt":"2020-07-13T05:46:23","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1000"},"modified":"2020-07-13T07:46:23","modified_gmt":"2020-07-13T05:46:23","slug":"dagstuk-13-julie-2020-met-of-sonder-christus","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1000","title":{"rendered":"Dagstuk 13 Julie 2020 \u2013 Met of sonder Christus"},"content":{"rendered":"<p>Met hierdie week se dagstukkies leer ons wat dit beteken om in geloof te groei.<\/p>\n\n\n\n<p>Skrifgedeelte: Jh\n15:1-8&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;\nTeks wat tref: v 5-7<\/p>\n\n\n\n<p>Ons het almal sekere\nvoorkeure as dit by kos kom. Net so verskil ons smaak oor mode, vakansie en\nvriende. Dit geld ook vir ons geloofslewe: Ons kan alles kry wat ons van die\nHere vra (v7)&nbsp; of sonder Hom,&nbsp; sal ons niks kan doen nie. (v5) Dit\nbehoort nie moeilik te wees om \u0149 keuse te maak nie. As Jesus boonop die\nversekering gee dat jy baie vrugte sal dra en sy Vader sal verheerlik, is daar\nnet een logiese keuse. Die een laat jou groei en die ander loop op niks uit\nnie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Ons kan alles in die\nlewe meet. My lengte, my gewig. My bloeddruk en hartklop. Die hoeveelheid\nkalorie\u00eb wat my liggaam nodig het. Met \u0149 sonar kan die ouderdom van \u0149 baba in\ndie moederskoot gemeet word.&nbsp; Met al die inligting tot my beskikking kan\nek meet of daar groei plaasvind. Met die nodige veranderinge en deur my dieet\naan te pas kan ek sekere resultate bewerk. <\/p>\n\n\n\n<p>Terwyl alles meetbaar\nis, ontstaan die vraag na my geestelike welstand. Groei jou geloof in ons Here\nJesus Christus?&nbsp; Dit is hier waar ons met groot huiwering die resultate\nwil sien of hoor.&nbsp; Daarom leer Jesus ons om in Hom te bly. Met hierdie\nskaal word my verhouding met Hom gemeet. Om in Hom te bly beteken dat ek met my\nhele hart, siel, verstand en lewe aan Hom verbonde is.&nbsp; Om in Hom te bly\nlaat my aan Hom vasgryp. Dit openbaar my posisie oor Wie vir my belangrik is.\nEk vereenselwig my met die Here se opdragte en vermaninge.&nbsp; Ek is\nonlosmaaklik aan Hom verbind. <\/p>\n\n\n\n<p>Met die beeld van die\nwingerdstok en die lote word dit nog duideliker. \u0149 Loot wat nie vas aan die\nwingerdstok geheg is nie, sal nooit groei.&nbsp; Dit is dood. Inteendeel dit\nword in die vuur gegooi en dit verbrand.&nbsp; Dit het geen waarde nie.&nbsp;\nTeenoor groei staan dood.&nbsp; Daar is nie \u0149 middeweg nie.&nbsp; Jy groei of\njy sterf.&nbsp; Dit is \u00f3f met \u00f3f sonder Christus.&nbsp;&nbsp;&nbsp; Christus is\ndie wingerdstok en ek die loot. Ons Vader weet wat die beste is en Hy snoei die\nlote sodat dit vrugte kan dra.&nbsp; Dan is die vrugte bewys van groei.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Diegene wat met\nChristus leef luister na die woorde wat Hy hulle leer.&nbsp; So is elke geleentheid\nwaar God se Woord verkondig en aangehoor word die geestelike voedsel.&nbsp;\nSonder Christus kan jy niks doen nie.&nbsp; Dit is nogal verdoemende\nwoorde.&nbsp; Maak seker dat jy in die Here bly.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dit het verdere\ngevolge.&nbsp; Elkeen wat in Hom bly, leer ook om te bid. Teenoor hulle wat\nsonder die Here niks kan doen nie, ontvang die ander net wat hulle wil h\u00ea. Dit\nsal beslis my keuse be\u00efnvloed.&nbsp; Sou dit beteken ek sal alles kry wat ek\nvra? Dit sou lonend wees.&nbsp; Dit sou die lewe vir my gemaklik maak. Maar dit\nis nie die bedoeling nie.&nbsp; Net hulle wat in die Here BLY en sy woorde in\nhulle kan hierop aanspraak maak. Net die lote wat aan die wingerdstok\nvasgegroei is, dra vrugte.&nbsp; Daarom kry ek nie net wat ek vra nie, maar is\nmy vra onderhewig aan my verbondenheid met Christus.&nbsp; Ek sal daarom net\nvir dit vra wat die wingerdstok voortbring. <\/p>\n\n\n\n<p>Christus s\u00ea dat ek\nsonder Hom niks kan doen nie. Is jou lewe met of sonder Hom? <\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Ps 119:1-16<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, baie dankie dat U\nmy reg snoei sodat ek vrugte kan dra. Ek weet dat ek sonder U niks kan doen\nnie. Maak my ywerig om na U woorde te luister.&nbsp; Amen <\/p>\n\n\n\n<p>Ds Petrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met hierdie week se dagstukkies leer ons wat dit beteken om in geloof te groei. Skrifgedeelte: Jh 15:1-8&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Teks wat tref: v 5-7 Ons het almal sekere voorkeure as dit by kos kom. Net so verskil ons smaak oor mode, vakansie en vriende. Dit geld ook vir ons geloofslewe: Ons kan alles kry wat ons [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1000"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1000"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1000\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1001,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1000\/revisions\/1001"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1000"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1000"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1000"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}