{"id":62,"date":"2016-06-28T12:15:57","date_gmt":"2016-06-28T12:15:57","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?page_id=62"},"modified":"2023-07-25T09:19:07","modified_gmt":"2023-07-25T07:19:07","slug":"koinonia-groepe","status":"publish","type":"page","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?page_id=62","title":{"rendered":"Koinonia Groepe"},"content":{"rendered":"<p>Die doel van die <em>Koinonia Diensraad<\/em> is om die onderlinge meelewing van medegelowiges te bevorder met \u2018n sterk fokus na groepe binne die gemeente.<\/p>\n<h1><u>Emunah (Enkellopendes)<\/u><\/h1>\n<h2>Beskrywing<\/h2>\n<p>Die Emunah Enkelbedieningsgroep fokus op alleenlopende persone (35 jaar+) wat \u2018n behoefte het om op sosiale asook dieper wyse interaksie te h\u00ea met ander enkellopendes. Hierdie diensgroep fokus op geskeide persone of die wat nog nie daardie spesiale persoon ontmoet het nie.\u00a0 Die doel is hoofsaaklik om mekaar te ondersteun, nuwe vriende te maak binne \u2018n beskermde omgewing en onsself voor te berei sodat ons gereed is wanneer ons wel \u2018n lewensmaat ontmoet.<\/p>\n<p>Ons kom elke tweede Woensdag aand bymekaar, re\u00ebl uitstappies, sosiale funksies, naweke weg of gaan eet sommer net saam by \u2018n restaurant.<\/p>\n<p>Ons diensgroep verwelkom nuwe lede en vra die gemeente om die woord te versprei aangesien ons lede het van ander gemeentes ook.\u00a0 Hier is \u2018n groep waar ons geborge voel en sterk vriendskapsbande word gesmee, gewortel in ons Christenskap.<\/p>\n<h2>Kontakpersoon:<\/h2>\n<p>Marilize Labuschagne ( 084 258 0057 of &#x6d;&#x61;&#x72;&#x69;&#x6c;&#x69;&#x7a;&#x65;&#x6c;&#x61;&#x62;&#x40;<span class=\"oe_displaynone\">null<\/span>&#x79;&#x61;&#x68;&#x6f;&#x6f;&#x2e;&#x63;&#x6f;&#x6d;)<\/p>\n<hr \/>\n<h1><u>Navitas (Senior studente en Jong werkendes)<\/u><\/h1>\n<h2>Beskrywing<\/h2>\n<p>Die Navitas-diensgroep fokus spesifiek op senior studente en jong werkendes in die gemeente. Di\u00e9 diensgroep het 2 oorhoofse doelstellings:<\/p>\n<ul>\n<li>Skep en onderhou \u2018n geestelike tuiste (gemeenskap van gelowiges) vir hierdie ouderdomsgroep.<\/li>\n<li>Platform vir diensbaarheid (help hierdie ouderdomsgroep om betrokke te raak en hul gawes aan te wend).<\/li>\n<\/ul>\n<h2>Hoe kan JY betrokke raak?<\/h2>\n<ul>\n<li>Skakel in by ons aksies. Bly op hoogte deur aan te sluit by ons Facebook-groep: \u201cNavitas GK Rietvallei\u201d.<\/li>\n<li>Maak seker jy\u2019s ingeskakel by \u2018n Bybelstudiegroep .<\/li>\n<li>Sluit aan by die komitee \u2013 ons het linker- \u00e9n regterbreine nodig. D.w.s. of jy hou van mikrofoon-praat, admin, funksies re\u00ebl, kontakte of idees het vir aksies\/uitreike, of dalk selfs net die groep wil help met strategiese sake: jy is welkom!<\/li>\n<\/ul>\n<h2>Kontakpersoon:<\/h2>\n<p>Ren\u00e9 Steenkamp (076\u00a0564 9193 of &#x72;&#x65;&#x6e;&#x65;&#x62;&#x6f;&#x73;&#x6d;&#x61;&#x6e;&#x31;&#x40;<span class=\"oe_displaynone\">null<\/span>&#x67;&#x6d;&#x61;&#x69;&#x6c;&#x2e;&#x63;&#x6f;&#x6d;)<\/p>\n<hr \/>\n<h1><u>Senior Lidmate<\/u><\/h1>\n<h2>Beskrywing<\/h2>\n<p>Hierdie diensgroep fokus op ondersteuning en die gemeenskap van gelowiges onder bejaardes\/seniors bo 60. Die doel is dan om elke senior te ondersteun in die spektrum van behoeftes wat ondervind mag word in hierdie fase van mens se lewe.<\/p>\n<p>Dit sluit in:<\/p>\n<ul>\n<li>Bemoediging tydens siekte.<\/li>\n<li>Besoeke afl\u00ea \/ telefoniese ondersteuning.<\/li>\n<li>Organisering van geleenthede vir sosiale interaksie en liefde.<\/li>\n<li>Ondersteuning waar finansi\u00eble probleme ervaar word, ens.<\/li>\n<\/ul>\n<h2>Kontakpersoon:<\/h2>\n<p>Riana Potgieter (073 016 2438)<\/p>\n<hr \/>\n<h1><u>Susters<\/u><\/h1>\n<h2>Beskrywing<\/h2>\n<p>Die re\u00ebl van teeskinkbeurte en sustersamekomste waarmee gepoog word om gemeente-eenheid te bevorder. Daar word heelwat byeenkomste vir ons gemeente se vroue gere\u00ebl en elke vrou word opgeroep om te deel in die samesyn waar ons mekaar kan ondersteun en kan uitreik na ander. \u0149 Bestuurskomitee word jaarliks verkies. Indien enige dame op die bestuurskomitee wil dien, word hulle uitgenooi om Liezl Potgieter te kontak.<\/p>\n<h2>\u00a0Kontakpersoon:<\/h2>\n<p>&#x67;&#x6b;&#x72;&#x69;&#x65;&#x74;&#x76;&#x61;&#x6c;&#x6c;&#x65;&#x69;&#x73;&#x75;&#x73;&#x74;&#x65;&#x72;&#x73;&#x40;<span class=\"oe_displaynone\">null<\/span>&#x67;&#x6d;&#x61;&#x69;&#x6c;&#x2e;&#x63;&#x6f;&#x6d;<\/p>\n<hr \/>\n<h1><u>Broeders<\/u><\/h1>\n<h2>Beskrywing<\/h2>\n<p>Die beplanning en organisasie van die 4 jaarlikse byeenkomste vir ons gemeente se manne, asook hulpverlening tydens die byeenkomste. Nog manne word benodig om op die diensgroep te dien.<\/p>\n<hr \/>\n<h1><u>Ignite<\/u><\/h1>\n<h2>Beskrywing<\/h2>\n<p>&#8220;So the candle&#8217;s gone out, it&#8217;s been soaked by the rain<\/p>\n<p>And the cold winds of doubt have extinguished the flame<\/p>\n<p>The lighthouse sits idly in darkness again<\/p>\n<p>As the ship sails ocean alone&#8221;<\/p>\n<p>Hierdie is &#8216;n stelling wat die musiekgroep Theocracy maak aan die begin van hulle liedjie &#8220;Light of the World&#8221;, en roep Christene om introspeksie te doen in hulle eie lewens. Hulle vra later of Christene werklik die lig van die wereld is, of het ons stil geraak, in &#8216;n hoek gaan sit, die ligtoring laat staan dat die skip die rotse moet tref?<\/p>\n<p>Die skip waarna verwys word is die mense binne en buite die kerk wie ons as Christene veronderstel is om te bereik met die evangelie, en sodoende die skip die gevaar uit te wys van die rotse (w\u00eareld, sonde), en op die regte pad te lei na Jesus toe.<\/p>\n<p>Ignite is GK Rietvallei se groep vir jong Gereformeerdes om saam te groei as vriende in hulle geloof. Hoekom die naam Ignite? In Mattheus 5 leer Jesus ons:<\/p>\n<p>&#8220;Julle is die lig vir die w\u00eareld. &#8216;n Stad wat op &#8216;n berg l\u00ea, kan nie weggesteek word nie; ook steek &#8216;n mens nie &#8216;n lamp op en sit dit onder &#8216;n emmer nie maar op &#8216;n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.\u201d<\/p>\n<p>Ons doel as Ignite is om die vlam van ons liggies te &#8220;ignite&#8221; dat ons elke dag &#8216;n lig kan wees vir die Here in die wereld. Ons doen di\u00e9 deur saam die antwoord vir moeilike vraagstukke te soek in God se Woord, in gebed te verkeer, en saam sosiaal te kuier as vriende om mekaar ook te ondersteun op &#8216;n persoonlike vlak.<\/p>\n<p>Ons nooi graag enige jongmense uit om by ons aan te sluit.<\/p>\n<h2>Kontakpersoon:<\/h2>\n<p>Arne Verster, 083 587 1434<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die doel van die Koinonia Diensraad is om die onderlinge meelewing van medegelowiges te bevorder met \u2018n sterk fokus na groepe binne die gemeente. Emunah (Enkellopendes) Beskrywing Die Emunah Enkelbedieningsgroep fokus op alleenlopende persone (35 jaar+) wat \u2018n behoefte het om op sosiale asook dieper wyse interaksie te h\u00ea met ander enkellopendes. Hierdie diensgroep fokus [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"parent":0,"menu_order":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","template":"template-fullwidth.php","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/pages\/62"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/pages"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/page"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=62"}],"version-history":[{"count":13,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/pages\/62\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2560,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/pages\/62\/revisions\/2560"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=62"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}