{"id":60,"date":"2016-06-28T12:11:46","date_gmt":"2016-06-28T12:11:46","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?page_id=60"},"modified":"2024-04-09T11:13:45","modified_gmt":"2024-04-09T09:13:45","slug":"uitreike","status":"publish","type":"page","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?page_id=60","title":{"rendered":"Uitreike"},"content":{"rendered":"<p>Die doel van die <em>Uitreik Diensraad<\/em> is om die meelewing, versorging en ondersteuning van medegelowiges te bevorder met \u2018n sterk fokus na buite. Van hierdie bestaande uitreike het al ontwikkel tot \u2018n volwaardige bediening waarby ons steeds as gemeente betrokke is.<\/p>\n<p><strong>Deurlopende geleenthede om betrokke te raak<\/strong><\/p>\n<p>By van die diensgroepe bestaan soortgelyke geleenthede om betrokke te raak. U kan die kontakpersone skakel van die diensgroep wat vermeld word. Hieronder tel:<\/p>\n<ul>\n<li>Hulp met Bybelonderrig \u2013 katkisasie. Dit sal help as u \u2018n groep kan organiseer om hierdie werk te doen. Dan kan mense om beurte die onderrig hanteer en sodoende die werk versprei .<\/li>\n<li>Hulp aan skoolkinders om hulle huiswerk te kan doen \u2013 verduidelik die werk. Dit sal help as u \u2018n groep kan organiseer om hierdie werk te doen. Dan kan mense om beurte die onderrig hanteer en sodoende die lading versprei (\u2018n Halfdag deur die week by een van\u00a0 King\u2019s Hope, President\u00a0 Kruger Kinderhuise).<\/li>\n<li>\u2018n Finansi\u00eble en besigheidskundige persoon om op \u2018n gereelde basis die BD van King\u2019s Hope by te staan. Dis ideaal vir \u2018n afgetrede persoon. Die blootstelling sal na verwagting een dag per week wees. Die persoon moet wel bereid wees om tot hierdie hulp te verbind vir \u2018n lang periode.<\/li>\n<li>Maatskaplike werker(s) wat op ad-hoc basis, advies en leiding kan gee, wanneer King\u2019s Hope vir toekennings aansoek wil doen.<\/li>\n<li>Jou professionele kundigheid:\n<ul>\n<li>o Personeelsake en tuinbou by King\u2019s Hope<\/li>\n<li>o Terapeuties of opvoedkundig by President Kruger Kinderhuise<\/li>\n<\/ul>\n<\/li>\n<\/ul>\n<p>As jy betrokke wil raak en jy sien nie iets in die lyn wat jy kan bydra nie, of jy het \u2018n idee of hartsbegeerte vir \u2018n uitreik wat nie in hierdie gedeelte aangegee is nie &#8211;<\/p>\n<p>Die kontakbesonderhede van die\u00a0 Sameroepers of Ko\u00f6rdineerders van die Uireikdiensgroepe is as volg en kan gekontak word indien julle belangstel of vir enige navrae, voorstelle ens.:<\/p>\n<table width=\"100%\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"28%\"><strong>Diensgroep<\/strong><\/td>\n<td width=\"19%\"><strong>Kontak<\/strong><\/td>\n<td width=\"17%\"><strong>Telefoon<\/strong><\/td>\n<td width=\"33%\"><strong>E-Pos<\/strong><\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"28%\">Botswana(Motopi en D&#8217;kar)<\/td>\n<td width=\"19%\">\u00a0Renier du Preez<\/td>\n<td width=\"17%\">\u00a0083 447 8230<\/td>\n<td width=\"33%\">\u00a0&#x72;&#x65;&#x6e;&#x69;&#x65;&#x72;&#x40;<span class=\"oe_displaynone\">null<\/span>&#x6e;&#x65;&#x74;&#x64;&#x75;&#x70;&#x72;&#x65;&#x65;&#x7a;&#x2e;&#x63;&#x6f;&#x2e;&#x7a;&#x61;<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"28%\">Bybelverspreidingaksies<\/td>\n<td width=\"19%\">Klaas Steyn<\/td>\n<td width=\"17%\">071 471 4930<\/td>\n<td width=\"33%\">&#x73;&#x74;&#x65;&#x79;&#x6e;&#x68;&#x65;&#x72;&#x63;&#x75;&#x6c;&#x65;&#x73;&#x40;<span class=\"oe_displaynone\">null<\/span>&#x67;&#x6d;&#x61;&#x69;&#x6c;&#x2e;&#x63;&#x6f;&#x6d;<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"28%\">Eljadahuis<\/td>\n<td width=\"19%\">Sakkie Hartzer<\/td>\n<td width=\"17%\">083 388 4850<\/td>\n<td width=\"33%\">&#x73;&#x61;&#x6b;&#x6b;&#x69;&#x65;&#x68;&#x40;<span class=\"oe_displaynone\">null<\/span>&#x6d;&#x77;&#x65;&#x62;&#x2e;&#x63;&#x6f;&#x2e;&#x7a;&#x61;<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"28%\">Indi\u00eb<\/td>\n<td width=\"19%\">\u00a0Pieter Ackerman<\/td>\n<td width=\"17%\">\u00a0082 879 7744<\/td>\n<td width=\"33%\">\u00a0&#x70;&#x61;&#x63;&#x6b;&#x65;&#x72;&#x6d;&#x61;&#x6e;&#x40;<span class=\"oe_displaynone\">null<\/span>&#x6d;&#x77;&#x65;&#x62;&#x2e;&#x63;&#x6f;&#x2e;&#x7a;&#x61;<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"28%\">King&#8217;s Hope<\/td>\n<td width=\"19%\">Gerrit Kornelius<\/td>\n<td width=\"17%\">082 925 9569<\/td>\n<td width=\"33%\">&#x67;&#x2e;&#x6b;&#x6f;&#x72;&#x6e;&#x65;&#x6c;&#x69;&#x75;&#x73;&#x40;<span class=\"oe_displaynone\">null<\/span>&#x74;&#x65;&#x6c;&#x6b;&#x6f;&#x6d;&#x73;&#x61;&#x2e;&#x6e;&#x65;&#x74;<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"28%\">Franse Media Bediening<\/td>\n<td width=\"19%\">\u00a0Ds Eric Kayayan<\/td>\n<td width=\"17%\"><\/td>\n<td width=\"33%\">\u00a0&#x65;&#x72;&#x69;&#x63;&#x6b;&#x61;&#x79;&#x61;&#x79;&#x61;&#x6e;&#x40;<span class=\"oe_displaynone\">null<\/span>&#x67;&#x6d;&#x61;&#x69;&#x6c;&#x2e;&#x63;&#x6f;&#x6d;<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"28%\">President Kruger Kinderhuise<\/td>\n<td width=\"19%\">Anculien Schoeman<\/td>\n<td width=\"17%\">0731550806<\/td>\n<td width=\"33%\">&#x61;&#x6e;&#x63;&#x75;&#x6c;&#x69;&#x65;&#x6e;&#x62;&#x40;<span class=\"oe_displaynone\">null<\/span>&#x67;&#x6d;&#x61;&#x69;&#x6c;&#x2e;&#x63;&#x6f;&#x6d;<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"28%\">Ramotse<\/td>\n<td width=\"19%\">Basie v d Merwe<\/td>\n<td width=\"17%\">082\u00a0766 4584<\/td>\n<td width=\"33%\">&#x62;&#x69;&#x72;&#x63;&#x6f;&#x2e;&#x62;&#x75;&#x74;&#x63;&#x68;&#x65;&#x72;&#x79;&#x40;<span class=\"oe_displaynone\">null<\/span>&#x67;&#x6d;&#x61;&#x69;&#x6c;&#x2e;&#x63;&#x6f;&#x6d;<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"28%\">Topia<\/td>\n<td width=\"19%\">Deon Venter<\/td>\n<td width=\"17%\">0833767523<\/td>\n<td width=\"33%\">&#x64;&#x65;&#x6f;&#x6e;&#x2e;&#x76;&#x65;&#x6e;&#x74;&#x65;&#x72;&#x35;&#x35;&#x40;<span class=\"oe_displaynone\">null<\/span>&#x67;&#x6d;&#x61;&#x69;&#x6c;&#x2e;&#x63;&#x6f;&#x6d;<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p><strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<hr \/>\n<h1><u>Botswana<\/u><\/h1>\n<h2>Beskrywing<\/h2>\n<p>Hierdie diensgroep ondersteun die sendingwerk wat deur die GK D\u2019kar gedoen word en ook di\u00e9 van Dorette Cronj\u00e8 op Motopi.<\/p>\n<p>GK D\u2019kar bedien Tswana- en Naro-sprekende mense in die weste van Botswana. Die predikant is ds. Hendrik (HJM) du Plessis, sedert 1998.\u00a0 Die koste van bediening word gedra deur die Botswana Sendinggroep (BSG).\u00a0 Die BSG van die Gereformeerde Kerke in Suid Afrika is gedurende 2005 gestig om te help met die instandhouding van die erediens by die GK D\u2019kar, Botswana. Rietvallei is saam met ander kerke lid van die BSG. Die tweede predikant, ds. Gaobolelwe Ngakayaja se traktering word deur die Christelijk Gereformeerde Kerken in Nederland bekostig.<\/p>\n<p>Die bediening op Motopi bestaan tans uit \u2018n diens op Sondae, in die kerkgebou op die dorp.\u00a0 Thys en Dorette Cronj\u00e8 neem meestal die woordverkondiging waar. Motopi is \u2018n wyk van die Gereformeerde Kerk D\u2019kar en daarom\u00a0 neem Ds Hendrik du Plessis die diens op sommige Sondae waar en by geleenthede bedien hy ook Nagmaal.<\/p>\n<h2>\u00a0Hoe kan JY betrokke raak?<\/h2>\n<ul>\n<li>Bid saam vir die Woordverkondiging in Botswana en dat die Here ons sal wys hoe om betrokke te raak.<\/li>\n<li>Word lid van die diensgroep.<\/li>\n<li>Kom saam wanneer ons weer daarheen gaan.<\/li>\n<\/ul>\n<hr \/>\n<h1><u>Bybelverspreidingaksies<\/u><\/h1>\n<h2>Beskrywing<\/h2>\n<p>Die Bybel dra God se Lig uit in \u2018n donker w\u00eareld waar baie mense sonder hoop voortploeter en bring ook \u2018n besondere vreugde in die harte van diegene wat dit uitdeel.\u00a0 Die doel van Bybelverspreidingaksies is om Bybels beskikbaar te stel deur beplande aktiwiteite en deur ondersteuning van verskeie projekte binne en buite ons gemeente.<\/p>\n<h2>Behoeftes:<\/h2>\n<p>Dit is ons oogmerk om lidmate (al is dit net &#8216;n paar!) te &#8220;werf&#8221; om saam te kom dink oor die aksies &#8211; wat wil ons bereik, hoe motiveer ons lidmate om betrokke te raak, hoe identifiseer en bereik ons ontvangers, hoe skakel ons met die Bybelgenootskap, wat doen ander Gereformeerde Kerke en ander gemeentes in ons omgewing sodat ons geleenthede vir samewerking kan identifiseer.<\/p>\n<h2>Hoe kan JY betrokke raak?<\/h2>\n<ul>\n<li>Word lid van die diensgroep.<\/li>\n<li>Ondersteun hulle fondsinsamelingsaksies.<\/li>\n<li>Bid dat die Bybels wat so versprei word, mense se o\u00eb sal oopmaak vir die Waarheid.<\/li>\n<\/ul>\n<h1><u>Eljadahuis<\/u><\/h1>\n<h2>Beskrywing<\/h2>\n<p>Uitreike na die Eljadahuis het ten doel om die werk daar te ondersteun.<\/p>\n<p>Die doel van die Eljadahuis is om vanuit ons Gereformeerde geloofsoortuiging &#8216;n verskil te maak in die lewens van mense wat minderbevoorreg is, in die omgewing waar dit gele\u00eb is.<\/p>\n<p>Die omgewing is die Booysens, Claremont en Daspoort voorstede van Pretoria. Eljadahuis word bedryf as Maatskappy Sonder Winsoogmerk en is selfversorgend, deur projekte tebedryf om inkomste te skep en deur skenkings van kerke en gelowiges in Pretoria.<\/p>\n<h2>Hoe kan JY betrokke raak?<\/h2>\n<p>Daar verskyn gereeld artikels oor Eljadahuis in ons Eljada weekblad en daarin word spesifieke behoeftes gelys. Gee asseblief aandag aan die versoeke.<\/p>\n<p>As u Eljadahuis wil besoek of \u2018n gedagte van \u2018n uitreik het, om Eljadahuis te ondersteun \u2013 skakel met Sakkie Hartzer.<\/p>\n<hr \/>\n<h1><u>Indi\u00eb<\/u><\/h1>\n<h2>Beskrywing<\/h2>\n<p>Hierdie diensgroep ondersteun ds. Rajesh Kumar en sy vrou, Mamta. Hierdie merkwaardige sendelingpaar woon in Indi\u00eb, waarheen Rietvallei ds. Rajesh beroep het as sendeling.<\/p>\n<h2>Hoe kan JY betrokke raak?<\/h2>\n<p>Behalwe om \u2018n lid te word van hierdie diensgroep, kan jy diensbaar wees deur te bid vir ds. Rajesh en sy gesin, asook deur te korrespondeer met ds. Rajesh om hom en sy gesin emosioneel en geestelik te ondersteun.<\/p>\n<hr \/>\n<h1><u>King\u2019s Hope<\/u><\/h1>\n<h2>Beskrywing<\/h2>\n<p>King\u2019s Hope Development Foundation het in 2002 ontstaan onder leiding van Dr Henk Stoker. Die stigting werk in Olievenhoutbosch suidwes van Centurion om die impak van HIV\/VIGS op die gemeenskap te beperk. Dit word gedoen deur HIV-toetsing, berading van volwassenes en skoolkinders, versorging van bedl\u00eaende pasi\u00ebnte, tuisbesoeke aan geaffekteerde gesinne asook versorging deur kospakkies en die kweek van groente. Dagopenings en Bybelstudies word gereeld met kli\u00ebnte en werknemers (plaaslike inwoners wat opgelei word om van die take te onderneem) gehou.<\/p>\n<h2>Hoe kan JY betrokke raak?<\/h2>\n<ul>\n<li>Voorbidding vir die werkers by Hope en persone wat deur hulle gehelp word.<\/li>\n<li>Vakkundige hulp met finansies, personeelsake en tuinbou.<\/li>\n<li>Ons benodig ook nog iemand op die raad van direkteure vir bestuursadvies.<\/li>\n<li>Verskaf van kospakkies op gereelde (maandeliks) of ad-hoc basis.<\/li>\n<\/ul>\n<hr \/>\n<h1><u>President Kruger Kinderhuise<\/u><\/h1>\n<h2>Beskrywing<\/h2>\n<p>Finansi\u00eble ondersteuning en betrokkenheid by die twee Gereformeerde President Kruger Kinderhuise in Pretoria en Reddersburg.<\/p>\n<ul>\n<li>Die missie van hierdie kinderhuise is om kinders tot hulle volle potensiaal te laat ontwikkel deur ho\u00eb standaard van geestelike, emosionele, opvoedkundige en skolastiese versorging te bied.<\/li>\n<li>Die visie van hierdie kinderhuise is om kinders, uit behoeftige en getraumatiseerde gesinsomgewings, deur Christelike normes en waardes te begelei tot volwaardige jong volwassenes wat hulleself in die samelewing kan handhaaf.<\/li>\n<li>Kinders word op grond van hofbevel geplaas vir verskeie redes soos gesinsgeweld, verslawing van ouers, molestering, mislukte pleegsorgplasings, weeskinders en ander trauma-verwante oorsake.<\/li>\n<li>Beide kinderhuise is geregistreer vir\u00a0 63 kinders tussen die ouderdomme van 2-18 jaar.<\/li>\n<li>Persoonlike besoeke ter ondersteuning van die kinders\/personeel.<\/li>\n<\/ul>\n<h2>Hoe kan JY betrokke raak?<\/h2>\n<ul>\n<li>Bid vir die kinders en personeel van beide ons kinderhuise.<\/li>\n<li>Gaan kuier saam met ander Rietvalleiers by hulle in Pretoria en Reddersburg.<\/li>\n<li>Raak betrokke by fondsinsamelings-geleenthede.<\/li>\n<li>Tree op as naweekouers en\/of vakansieouers vir van die kinders. Kontak \u2018n maatskaplike werker by: <strong>012\u00a0332 1366\/7<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<hr \/>\n<h1><u>Ramotse<\/u><\/h1>\n<h2>Beskrywing<\/h2>\n<p>Ramotse is \u2018n gemeente van die GKSA in Hammanskraal (net Noord van Pretoria). Hier is Ds. Herens (Oupa) Nkoana die leraar. Rietvallei, asook 4 gemeentes in Limpopo, is hier betrokke deur di\u00e9 gemeente te hulp te staan met finansi\u00eble advies en ook ander kerkbestuursake.<\/p>\n<h2>Hoe kan JY betrokke raak?<\/h2>\n<ul>\n<li>Bid dat die Woordverkondiging by Ramotse en die ander 4 dienspunte op vrugbare aarde sal val.<\/li>\n<li>Word lid van die diensgroep en neem deel aan ad-hoc aksies wat gere\u00ebl word.<\/li>\n<\/ul>\n<hr \/>\n<h1><\/h1>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die doel van die Uitreik Diensraad is om die meelewing, versorging en ondersteuning van medegelowiges te bevorder met \u2018n sterk fokus na buite. Van hierdie bestaande uitreike het al ontwikkel tot \u2018n volwaardige bediening waarby ons steeds as gemeente betrokke is. Deurlopende geleenthede om betrokke te raak By van die diensgroepe bestaan soortgelyke geleenthede om [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"parent":0,"menu_order":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","template":"template-fullwidth.php","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/pages\/60"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/pages"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/page"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=60"}],"version-history":[{"count":20,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/pages\/60\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2887,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/pages\/60\/revisions\/2887"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=60"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}