Hierdie diensgroep fokus op die bediening van die jeug binne die gemeente.

Die jeug moet geaktiveer word binne die gemeente en in hulle gemeenskap om hulle roeping as Christen uit te leef.

Om in samewerking met die ouers (wat die primêre opvoeders van hulle kinders is) die kinders deel van die kerk te maak, maar ook aan hulle besondere behoeftes te voorsien.

Ons JEUGSTRUKTUUR werk basies soos volg:

Voorskool – Sosiaal en Preekbegeleiding

Laerskool – Katkisasie, Sosiaal en Eredienste (Eljadi en Preekbegeleiding)

Hoërskool – Katkisasie, Sosiaal, Bybelstudie en Berading

Naskool – Sosiaal, Bybelstudie en Berading

Die oorhoofse diensgroep bestaan uit die volgende ywerige vrywilligers:

Antonie van der Loo –  Laerskool

Gert Steyn – Hoërskool

Lynelle Steyn – Eljadi en Laerskool

Ds. Danie Potgieter – Preekbegeleiding

Kontakpersoon:


Ons predikante vorm deel van hierdie diensgroep en is betrokke by verskillende ouderdomsgroepe. Kontak asb. enige van ons predikante vir berading of vrae aangaande die jeug, ongeag die ouderdom van u kind.

  • Voorskool: Ds. Danie Potgieter – 072 272 9631
  • Hoërskool: Ds. Danie Potgieter – 072 272 9631
  • Naskool(18-22jr): Ds. Danie Potgieter – 072 272 9631

Sosiaal

Beskrywing:

Sosiale aksies word vir Voorskool, Laerskool, Hoërskool en die gesin aangebied gedurende die jaar. Vir Laerskool en Hoërskool: Graadgroep -ouers help op hul beurt hiermee. Hou jou foon en e-pos dop vir boodskappe hieroor.  Maak seker jy en jou kinders woon die aksies by. Dit maak dit maklik om dan gemaklik by die gemeente in te skakel.

Kontakpersoon:

Lynelle Steyn 0824109923 drsweers@nullgmail.com


Berading

Al  ons predikante is beskikbaar. Kontak hulle gerus wanneer berading benodig word.


Katkisasie

Beskrywing:

Katkisasie word vir hoër- en laerskoolkinders in die gemeente aangebied. Laerskool en hoërskool katkisasie vind plaas om 07:50 gedurende die skoolkwartaal . Die katkisasie se voorbereiding is so beplan dat dit ook ‘n grondslag kan wees vir huisgodsdiens.

Wat leer die kinders?

  • Gr. 1 – 7: Openbaringsgeskiedenis
  • Gr. 8: Johannes-geskrifte
  • Gr. 9: Sinoptiese evangelies
  • Gr. 10: Handelinge en Paulus se briewe
  • Gr. 11: Belydenisskrifte
  • Gr. 12: Die brood van die lewe

Ons benodig altyd mense wat kan help aflos indien kategete nie beskikbaar is nie.

Kontakpersoon:

Laerskool Kontakpersoon – Antonie van der Loo 0824432264

Hoërskool Ouderling – Gert Steyn 0824109922


Bybelstudie

Beskrywing:

Daar is geleentheid vir ons naskool en hoërskool jeug om in die week (aand) te kom bybelstudie doen. ‘n Spesifieke dag en tyd sal vasgestel word sodra dit lekker op dreef is. Laat weet asb. indien jy belangstel sodat ons hierdie groep kan laat groei.

Kontakpersoon:

Lynelle Steyn 0824109923 drsweers@nullgmail.com


Eredienste:

Eljadi

Die Eljadi dien as hulpmiddel vir laerskoolkinders (teikengroep: gr 3-7 kinders) tydens oggend-eredienste om hulle op hul vlak bloot te stel aan die liturgie wat gevolg word, en om hulle tydens die prediking te begelei (deur vrae te beantwoord, self notas te maak ). Dit is beskikbaar in die voorportaal

Hoe kan JY betrokke raak?

Die Eljadi word vanaf die preekskets opgestel in A4 formaat. Daar is ‘n templaat beskikbaar wat dit werklik maklik maak. Dit word op ‘n Donderdagaand gedoen om dit teen Vrydagoggend by die kantoor te hê om betyds gedruk te word. Kontak vir Lynelle en neem

‘n beurt.

Kontakpersoon:

Lynelle Steyn: drsweers@nullgmail.com of 082 410 9923

 


Preekbegeleiding

Voorskoolse kinders tussen vier- en agtjarige ouderdom ontvang Sondagoggende tydens die eerste oggenddiens preekbegeleiding in die kerksaal. Die doel van preekbegeleiding is om ons kinders se verstaan van Die Woord te bevorder en hul toe te rus om hul geloof te kan uitdra en uitleef buite die kerkterrein.

By Rietvallei vind dieselfde prediking/Woordverkondiging as in die kerkgebou, net op die kinders se vlak en in hulle woordeskat plaas.  Ons kinders is baie bevoorreg om Sondae so bedien te word en hulle verstaan op ‘n baie jonger stadium meer van die Evangelie as wat ons dalk in ons  kinderjare het.

Hoe kan jy betrokke raak?

Word ‘n vrywilliger en help een keer per kwartaal met die voorbereiding van skyfies vir die preekbegeleiding. Jy hoef nie ‘n mamma of pappa te wees nie. Studente, enkellopendes en senior lidmate is almal welkom.

Kontakpersoon:

Ds. Danie Potgieter – 072 272 9631