Die doel van die Koinonia Diensraad is om die onderlinge meelewing van medegelowiges te bevorder met ‘n sterk fokus na groepe binne die gemeente.

Emunah (Enkellopendes)

Beskrywing

Die Emunah Enkelbedieningsgroep fokus op alleenlopende persone (35 jaar+) wat ‘n behoefte het om op sosiale asook dieper wyse interaksie te hê met ander enkellopendes. Hierdie diensgroep fokus op geskeide persone of die wat nog nie daardie spesiale persoon ontmoet het nie.  Die doel is hoofsaaklik om mekaar te ondersteun, nuwe vriende te maak binne ‘n beskermde omgewing en onsself voor te berei sodat ons gereed is wanneer ons wel ‘n lewensmaat ontmoet.

Ons kom elke tweede Woensdag aand bymekaar, reël uitstappies, sosiale funksies, naweke weg of gaan eet sommer net saam by ‘n restaurant.

Ons diensgroep verwelkom nuwe lede en vra die gemeente om die woord te versprei aangesien ons lede het van ander gemeentes ook.  Hier is ‘n groep waar ons geborge voel en sterk vriendskapsbande word gesmee, gewortel in ons Christenskap.

Kontakpersoon:

Marilize Labuschagne ( 084 258 0057 of marilizelab@nullyahoo.com)


Navitas (Senior studente en Jong werkendes)

Beskrywing

Die Navitas-diensgroep fokus spesifiek op senior studente en jong werkendes in die gemeente. Dié diensgroep het 2 oorhoofse doelstellings:

  • Skep en onderhou ‘n geestelike tuiste (gemeenskap van gelowiges) vir hierdie ouderdomsgroep.
  • Platform vir diensbaarheid (help hierdie ouderdomsgroep om betrokke te raak en hul gawes aan te wend).

Hoe kan JY betrokke raak?

  • Skakel in by ons aksies. Bly op hoogte deur aan te sluit by ons Facebook-groep: “Navitas GK Rietvallei”.
  • Maak seker jy’s ingeskakel by ‘n Bybelstudiegroep .
  • Sluit aan by die komitee – ons het linker- én regterbreine nodig. D.w.s. of jy hou van mikrofoon-praat, admin, funksies reël, kontakte of idees het vir aksies/uitreike, of dalk selfs net die groep wil help met strategiese sake: jy is welkom!

Kontakpersoon:

René Steenkamp (076 564 9193 of renebosman1@nullgmail.com)


Senior Lidmate

Beskrywing

Hierdie diensgroep fokus op ondersteuning en die gemeenskap van gelowiges onder bejaardes/seniors bo 60. Die doel is dan om elke senior te ondersteun in die spektrum van behoeftes wat ondervind mag word in hierdie fase van mens se lewe.

Dit sluit in:

  • Bemoediging tydens siekte.
  • Besoeke aflê / telefoniese ondersteuning.
  • Organisering van geleenthede vir sosiale interaksie en liefde.
  • Ondersteuning waar finansiële probleme ervaar word, ens.

Kontakpersoon:

Riana Potgieter (073 016 2438)


Susters

Beskrywing

Die reël van teeskinkbeurte en sustersamekomste waarmee gepoog word om gemeente-eenheid te bevorder. Daar word heelwat byeenkomste vir ons gemeente se vroue gereël en elke vrou word opgeroep om te deel in die samesyn waar ons mekaar kan ondersteun en kan uitreik na ander. ʼn Bestuurskomitee word jaarliks verkies. Indien enige dame op die bestuurskomitee wil dien, word hulle uitgenooi om Liezl Potgieter te kontak.

 Kontakpersoon:

gkrietvalleisusters@nullgmail.com


Broeders

Beskrywing

Die beplanning en organisasie van die 4 jaarlikse byeenkomste vir ons gemeente se manne, asook hulpverlening tydens die byeenkomste. Nog manne word benodig om op die diensgroep te dien.


Ignite

Beskrywing

“So the candle’s gone out, it’s been soaked by the rain

And the cold winds of doubt have extinguished the flame

The lighthouse sits idly in darkness again

As the ship sails ocean alone”

Hierdie is ‘n stelling wat die musiekgroep Theocracy maak aan die begin van hulle liedjie “Light of the World”, en roep Christene om introspeksie te doen in hulle eie lewens. Hulle vra later of Christene werklik die lig van die wereld is, of het ons stil geraak, in ‘n hoek gaan sit, die ligtoring laat staan dat die skip die rotse moet tref?

Die skip waarna verwys word is die mense binne en buite die kerk wie ons as Christene veronderstel is om te bereik met die evangelie, en sodoende die skip die gevaar uit te wys van die rotse (wêreld, sonde), en op die regte pad te lei na Jesus toe.

Ignite is GK Rietvallei se groep vir jong Gereformeerdes om saam te groei as vriende in hulle geloof. Hoekom die naam Ignite? In Mattheus 5 leer Jesus ons:

“Julle is die lig vir die wêreld. ‘n Stad wat op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek ‘n mens nie ‘n lamp op en sit dit onder ‘n emmer nie maar op ‘n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”

Ons doel as Ignite is om die vlam van ons liggies te “ignite” dat ons elke dag ‘n lig kan wees vir die Here in die wereld. Ons doen dié deur saam die antwoord vir moeilike vraagstukke te soek in God se Woord, in gebed te verkeer, en saam sosiaal te kuier as vriende om mekaar ook te ondersteun op ‘n persoonlike vlak.

Ons nooi graag enige jongmense uit om by ons aan te sluit.

Kontakpersoon:

Arne Verster, 083 587 1434