Goeie dag Gemeente
Na aanleiding van die President se aankondigings op 28 Desember 2020 en advies ontvang van die Deputate: Skakeling met die Owerheid, het die Kerkraad besluit dat Rietvallei, totdat die inperkingsmaatreëls verlig word, nie eredienste in die kerkgebou hou nie. Eredienste sal op die gewone eredienstye (09:00 en 18:30) direk vanuit die kerkgebou op die onderskeie kanale (webtuiste, FaceBook en YouTube) uitgesaai word. Ons vertrou dat u begrip sal hê vir hierdie reëling.
Ons maak staat op elektroniese toerusting en so ook Internet konneksie en daar kan probleme voorkom wat onverhoedbaar is. Ons gaan van die volgende platforms gebruik maak, Facebook, Youtube, Kerkdienst Gemist en Sermon.net